- Ebooks
- Livres Audio
- Liseuses
“Die wêreld is nimmereindigend.
Ek het nooit besef hoe uitgestrek dit is nie – hoe ver en wyd die water om ons eiland gaan nie. Iewers agter in my kop het ek dalk gedink dat daar ‘n tweede muur om Tresco is wat die oneindige waters binnehou sodat ons nie almal oor die rant spoel en in die diepsee tuimel nie.”
Leia en Walt is oppad na die Anderkant, waar die legendariese land, Cornwall, op hulle wag. Tony, hulle nuwe vriend, het hulle vertel dat al die oorloë van die verlede vergete is en die inwoners van Bodmin en Dartmoor in vrede woon. Die mense kom die leerstellinge van ‘n ou godsdiens na wat vergifnis en niegewelddadigheid verkondig.
Maar Walt en Leia ontdek baie gou dat selfs ‘n vredeliewende, ideale gemeenskap soos hierdie nie volmaak is nie. Op ‘n verbode besoek aan Exeter, die ou stad van hulle voorouers, ontdek die twee Eilandbewoners meer van die nuwe wêreld as waarop hulle gereken het.
Donker geheime en diep passies vul hierdie opwindende laaste boek in die Eiland-reeks.
Titre : Die Diepsee
EAN : 9781513071886
Éditeur : Jen Minkman
Age, à partir de : 13 ans
L'eBook Die Diepsee est au format ePub
Vous souhaitez lire sur une liseuse d'une autre marque. Découvrez notre guide.
Il est possible qu’il ne soit pas disponible à la vente dans votre pays, mais exclusivement réservé à la vente depuis un compte domicilié en France.
Si la redirection ne se fait pas automatiquement, cliquez sur ce lien.
Se connecter
Mon compte